Polisiebeamptes leer bestuur

In die Oos-Transvaal word lede van die polisie geleer om motor te bestuur as hulle nie oor ’n lisensie beskik nie. Sowat 150 lede gaan nou deur die polisie se finansiële ondersteuning geleer word om voertuig te bestuur.

 

Kol. Leonard Hlathi, ’n polisiewoordvoerder, sê daar is al 31 lede van die polisie gestuur om die kursus by te woon. Die res het glo al leerling-rybewyse gekry.

Hlathi  sê dit is ’n groot stap vorentoe om dienslewering te verbeter en meen ook dat dit voor 1994 nie verpligtend was vir polisielede om rybewyse te hê as hulle aangestel word nie.

In die Oos-Transvaal is daar bykans 400 polisielede wat nie matriek het nie en hulle ondergaan basiese geletterdheids-opleiding om hul vaardighede te verbeter.