Polisiebeampte steel dwelms

Twee skelms, een ’n polisiebeampte en die ander ’n werknemer van SA Inkomstediens (SAID) is by die Lebombo-grenspos in hegtenis geneem nadat hulle glo betrap is dat hulle dwelms gesteel het.

Die konstabel het blykbaar ‘n taxi deursoek terwyl die bestuurder sy paspoort laat stempel het. Hy het kokaïen met ‘n straatwaarde van meer as R3 miljoen gevind en dit later na ’n SAID-werknemer se huis geneem.

‘n Polisie het daarna ’n wenk ontvang en die betrokke konstabel is in hegtenis geneem. Die konstabel het daarna die polisie na die SAID-werker se huis geneem waar die dwelms gevind is. Hy is toe ook gevange geneem.

Later is die taxibestuurder ook in hegtenis geneem