Polisiebeampte besteel ander polisie

Henrico Adendorff, ’n polisiebeampte van Kaapstad,  is dalk sy pos as lid van die polisie kwyt omdat hy na bewering ’n bottel whisky by ’n ander polisieman gesteel het tydens ’n geheime operasie.

Adendorff, is ook aangekla dat hy R150 aan omkoopgeld van ’n agent geëis het. Hy het blykbaar die oopgemaakte bottel Jack Daniels whisky uit die polisieman se motor gevat.

Sedert Januarie het hy verskeie kere in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie, maar is tot nou toe steeds in diens van die SAPD.