Polisie – vir wie wil julle flous?

Die stygende plaasmoorde, die stygende moorde in dorpe en stede, die stygende rooftogte, die stygende korrupsie – dit is die vrae wat gevra word oor die tendens van gewelddadigheid in die land.

“Projek 2010 sou graag wou weet, hoe dink die SAPD woordvoerders, wie wil hulle nou eintlik probeer flous?”

Dit is die opmerking van ’n bestuurslid van Projek 2010, die amptelike struktuur wat ’n databank hou van die slagoffers van die volksmond in Suid-Afrika.

Die moorde styg tot ’n rekord vlak van 44 per dag. Die verkragtings is angswekkend hoog en rooftogte met ’n gewelddadige inslag maak geen huis of sakesentrum meer veilig nie.

“Dan wil die polisie te kenne gee dat hulle die land geweld-vry gaan maak? Dit sal nie in ’n duisend jaar gebeur met die regeerders soos hulle tans die land regeer nie?” was een van die bestuurslede se kommentaar.

Dr, Chris de Kock, die voormalige hoof van Misdaad Intelligensie Ontleding, sê die polisie se berekenings in die statistieke is verkeerd gedoen.

Hy reken dit is uit onkunde of selfs doelbewus, en dit laat die bestuur van Projek 2010 met geen ander keuse as om te aanvaar dat die polisiediens nie betroubaar is nie.