Polisie verswyg feite

Die polisie verswyg inligting wat verband hou met die ondersoek van die Farlam-kommissie, en word nou amptelik beskuldig dat hulle besig is om inligting vir die kommissie te verswyg of weg te steek.

Die beskuldiging word ook gemaak dat die polisie sekere bewysstukke wat verband hou met die slagting by Marikana, gedokter word en ander word verberg terwyl dit as belangrike bewysstukke moet dien.

Die kommissie is van mening dat die polisie dit doen in ’n poging om die getuienisse te manipuleer.

Die kommissie het in ’n baie sterk bewoorde verklaring aangekondig dat alle werksaamhede tydelik opgeskort word, sodat daar aan nuwe getuienis,  wat as “skokkend” beskryf is, en wat intussen ontvang is, gewerk kan word.

 Uit die nuwe verwikkelinge blyk dit dat senior polisiebeamptes betrokke was en nou ook aan die pen kan ry.

’n Woordvoerder van die Farlam-kommissie, Tshepo Mahlangu, sê hulle het onlangs besef dat die polisie se weergawe van gebeure nie strook met die werklike situasie nie.