Polisie die moordenaars?

Leanne Douglas (45) van Port Shepstone is die slagoffer van polisielede se vreemde optrede en word nou verantwoordelik gehou vir haar dood.

Die hele ding het begin toe Leanne per ongeluk ’n persoon se motorfiets gestamp het, en toe deur ’n polisievrou in hegtenis geneem is. Sy moes ook in ’n sel oornag omdat sy en die polisievrou handgemeen geraak het.

Enkele dae later, was sy oppad van haar onderneming af, toe polisie op haar begin skiet het. Sy het nie geweet wat gaande is nie, want sy het niks verkeerd gedoen nie, en het probeer wegjaag van die aanvallers. Sy het beheer verloor, die voertuig het gerol en sy is opslag dood. Talle koeëlgate is in haar motor se bakwerk en een band is raakgeskiet, wat vermoedelik veroorsaak het dat sy beheer verloor het.

Volgens Rapport het polisielede op die toneel aan Douglas se ma, Leonie ­Luckin (72), gesê haar dogter is in ’n motorongeluk dood. 
Niks meer nie.
Twee polisielede wat ook op die toneel was, vertel ’n ander storie.

Klagte van moord en dwarsboming van die gereg word glo teen verskeie lede van die polisie ondersoek.
Die ander polisiebeamptes wat blykbaar gesien het wat gaande is, maar nie met die media mag praat nie, sê verskeie skote is op Douglas gevuur en die regter­agterband is getref. 
Wat uitermatig vreemd is, is dat daar ’n padblokkade was wat Leanne sou verplig om te stop. Dit was dus nie nodig om haar met geweervuur te probeer stop nie, is gesê
Leanne het in ’n histeriese selfoon oproep vir haar ma gesê ’n polisievrou probeer haar deur haar motorvenster trek. 
Minute later bel Douglas weer. 
“Hulle agtervolg my, hulle wil my doodmaak,” het sy gesê.
Haar ma het aanbeveel om na die polisiekantoor te ry.

“Toe hoor ek skote en my dogter se gille voordat die lyn doodgegaan het.”
’n Rukkie later het die nuus gekom dat Douglas dood is.

Die saak word ondersoek, maar die verdagte polisiebeamptes is steeds in hulle poste en werk nog elke dag asof niks gebeur het nie.