Polisie al weer moord gepleeg?

Mnr. Bertus Moolman, wat grond aan swartes verhuur om te plak, sê hy sal baie verbaas wees as die ondersoek wys dat iemand raak geskiet is met die haelgeweer waarmee hy vyf skote geskiet het.

 

Moolman beweer hy het drie skote in die grond voor hom geskiet, en twee skote in die lug. Al die skote is gevuur met donshael, en in die polisie se teenwoordigheid. Hy beweer ook dat die polisie self etlike skote op die aankomende betogers gevuur het.

Waarnemers meen dat die forensiese ondersoek sal wys wie die moordenaars was van die twee betogers wat doodgeskiet is, want die moontlikheid bestaan dat die polisie, net soos by Marikana, mense doodgeskiet het omdat hulle waarskynlik nie behoorlik opgelei is om skarebeheer toe te pas nie.