Pietersburg is "donker Afrika"

Woensdagmiddag het Pietersburg verander in status na Donker Afrika toe die grootste deel van die stad sonder krag gelaat is nadat kabeldiewe toegeslaan het.

Kabels, byna ’n kilometer in totaal, is gesteel, en dit het op nege plekke gebeur waar stukke kabels “weggeraak” het.

’n Munisipale woordvoerder het erken dat die stad geruime tyd sonder krag gaan wees, maar kon nie met sekerheid sê hoe lank die herstelwerk gaan duur nie.

Woonbuurte Bendor en Welgelegen is stikdonker, geboue van sakeondernemings in strate soos Devenish en Rissik, Florapark, Ladanna en byna die hele sakesentrum word geraak deur die diefstal.

Die hospitaal en MediClinic maak van kragopwekkers gebruik.