Petrolprys aangepas

Die Departement van Energie het bekend gemaak dat die nuwe maandelikse aangepaste petrolprys vanaf Woensdag, 4 September, verlaag met 5c per liter. Diesel met 0.05% en 0.005% swaelinhoude verhoog onderskeidelik met 13.82c en 14.82c per liter.

 

Die invloed van die nuutste randwaarde verswakking en ru-olieprysstyging, weens die krisis in Sirië, se volle effek sal eers aanstaande maand gevoel word. Tensy sake vinnig opgelos word met, sekere Westerse land se dreigende militêre ingryping in Sirië, kan daar aansienlike brandstof prysverhogings te wagte wees.