Paul Mashatile tart die blankes

Die Minister van Kuns en Kultuur, Paul Mashatile, is besig om blankes van Suid-Afrika, en in besonder, die inwoners van Pretoria te tart met sy uitlatings oor die status van die hoofstad.

Hy het tydens ’n debat gesê die regering se standpunt oor die Tshwane versus Pretoria aangeleentheid is duidelik. Pretoria kan nie as ’n stad beskou word nie, want Pretoria is ’n voorstad van Tshwane, net soos wat Mamelodi, Soshanguwe en Mabopane almal voorstede is.

Hy het bevestig dat nóg openbare verhore oor die kwessie in Oktober gehou sal word.

Waarnemers wil weet waarom die Minister nog vergaderings gaan hou oor die aangeleentheid as daar reeds vergaderings gehou was waarin die meerderheid teen enige naamsveranderings gekant was.

Woordvoerders van kultuurorganisasies sê dit is duidelik dat die ANC-regime besig is om blankes uit te tart in die hoop dat ’n gewelddadige uitbarsting sal volg.