Passasiersboot word skrootmateriaal

Die gestrande passasiersboot, Costa Concordia, wat op die rotse geloop het naby die Giglio-eiland, is gister van die rif afgehaal na 20 maande sedert die skip daar gestrand het.

Aan die hoof van die projek, wat deur ’n hele span ingenieurs aangepak is, staan ’n Suid-Afrikaner.

Die ingenieurs is van plan om die skip regop te trek en dan weg te sleep na ’n plek waar dit afgetakel sal word en vir skroot verkoop gaan word.

Die 300 meter lange skip weeg meer as 115,000 ton, en was tot hede die grootste skip ooit wat weer vlot gemaak is.

Die Ingenieurs sê hulle meen die kanse is 95% dat die hele operasie suksesvol deurgevoer sal word.

Die aanvanklike poging om die boot te lig, was nie suksesvol nie, maar na daar ’n krag van meer as 6,000 ton aangewend is, kon die operasie deurgevoer word soos beplan.