Oranje Sake Instituut hou Jaarvergadering3:

Die Oranje Sake Instituut hou op 5 Oktober vanjaar hulle Algemene Jaarvergadering in Pretoria. Tydens die geleentheid sal trofeë oorhandig word aan die beste presteerders in verskillende kategorië en sal nuwe ontwikkelings bekend gemaak word

Dit word allerweë verwag dat daar tydens die vergadering nuwe inisiatiewe bekend gemaak sal word wat die Instituut se geaffilieerde sakekamers tot nuwe hoogtes gaan lei..

In ’n gesprek met een van die Instituut se bestuurslede, het hy ook gemeld dat ’n nuwe bestuur gekies moet word.

’n Bekendstellings-projek sal waarskynlik ook geïnisieer word, waarvan een die plakker is wat deur lede van Oranje Sakekamers gebruik gaan word om hulle betrokkenheid aan kliënte bekend te stel.

Oor die moontlike uitbreidings wat in ONOK beplan word, wou die bestuur nie kommentaar lewer nie.

Die plakker is goedgunstiglik aan Die Vryburger getoon. Lede kan die plakker by hulle onderskeie sakekamers bekom