Oorwerkte vlieëniers slaap

Een van die Britse lugrederye se passasiersvliegtuig, met ’n vol gelaaide 320 passasiers aan boord, was salig onbewus daarvan dat die vliegtuig in die lug is sonder ’n vlieënier aan diens.

Die twee vlieëniers, wat albei oorwerk en baie moeg was, het afgespreek om mekaar af te los op die vlug, maar beide het aan die slaap geraak, en vir etlike ure was die vliegtuig sonder die wakende oog van ’n vlieënier, maar steeds op koers met net die outomatiese beheerstelsel in werking.

Die twee vlieëniers het weens werkdrukte, slegs 5 uur slaap gehad in twee dae.

Die redery is elke jaar in Augustus besonder besig as gevolg van die vakansietyd.

Hulle het het die voorval by aankoms self by die CAA gerapporteer.

Geen tugstappe word teen hulle ingestel nie.

Die vliegtuig is ’n Airbus A330