Oorleef vir vier maande in sneeu

Raul Fernando Gomez Circunegui (58), het probeer om die berge tussen Chili en Argentinië te voet aan te pak na sy motorfiets hom in die steek gelaat het, is berig deur Reuters.

Hy moes tevrede wees met ’n uiters karige dieet wat bestaan het uit rosyntjies, suiker, en sneeu. Hy het van tyd tot tyd daarin geslaag om ’n rot of muis te dood wat as aanvulling moes dien.

Hy het vir vier maande so volgehou, totdat hy deur Argentynse amptenare in ’n hut gevind is. Die amptenare was besig om die sneeulaag se diepte te meet.

Hy het gedurende die tyd sowat 20 kg gewig verloor te midde van die feit dat hy volgens dieetkundiges, ’n redelike gebalanseerde voeding gehad het, wat waarskynlik net minder is as wat hy daagliks benodig het.