Oorhandig jou chemiese wapens!

Rusland se Minister van Buitelandse Sake, Sergei Lawrof, het glo vir Sirië gevra om sy chemiese wapens vir internasionale beheer te oorhandig, om daarmee te vermy dat die land deur Westerse moondhede ingeval word.

Pres. Basjar al-Assad van Sirië het, volgens Sergei Lawrof, die aanbeveling verwelkom maar nie duidelik te kenne gegee dat hulle die versoek sal gehoorsaam nie.

Waarnemers meen egter dat Sirië dit wel sal doen as dit ’n inval in die land sal voorkom.

Tydens ’n nuuskonferensie het John Kerry, die VSA se Minister van Buitelandse Sake, te kenne gegee dat oorhandiging van die chemiese wapens die enigste oplossing vir Sirië is om ’n oorlog te voorkom.

Foto – John Kerry