Ons groet ds. Nico

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se bekende teoloog, en redakteur van die kerk se amptelike tydskrif, Die Kerkblad, ds. Nico van der Merwe, is in die ouderdom van 71 jaar in sy slaap oorlede.

Ds. Nico was ’n diabeet, en is vermoedelik aan hartversaking, oorlede.

Hy was sedert 2003 die redakteur van Die Kerkblad, ’n maandelikse tydskrif van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Hy het in 2002 geëmeriteer. Daarna het hy in 2006 sy eerste doktorsgraad behaal, en in 2010 ’n tweede doktorsgraad verwerf aan die Noordwes-Universiteit.

Hy word deur sy vrou Tersia, vyf kinders en sewe kleinkinders oorleef.