Onmin by Unisa

Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters het handgemeen geraak met ANC ondersteuners by Unisa waar eersgenoemdes op Malema gewag het om hulle toe te spreek oor sy “party” se grond-gryp beleid.

Ondersteuners van die ANC het blykbaar probeer verhoed dat die byeenkoms plaasvind, maar Malema het eers ’n uur na die geskeduleerde tyd opgedaag.

Intussen moes ’n blanke polisiebeampte dit ook ontgeld toe hy ernstig beseer is in die rondstampery.

Melema het gesê die blankes is ryk, en die grond is afgevat van hulle eienaars deur Jan van Riebeeck. Daarom is dit geregverdig dat die grond terug geneem word sonder vergoeding.

Hy sê die onreg het “eeue gelede begin met Van Riebeeck se swart uitwissing”.