Ongerymdhede duur voort

Adam Carelse, die bedryfshoof van die Inspekterende Regter vir tronke, is sedert Maandag met spesiale verlof, maar Korrektiewe Dienste wou nie bekend maak waaroor dit gaan nie.

Blykbaar is ernstige bewerings gemaak teen Carelse, oor moontlike ongerymdhede waarby hy betrokke mag wees en wat ondersoek sal word.

Teboho Mokoena, die Hoof-adjunkkommissaris van Menslike Hulpbronne, sê die bewerings is baie ernstig en daarom is besluit om die beampte op spesiale verlof te plaas vir minstens die duur van die ondersoek.

Korrektiewe Dienste het  intussen ’n waarnemende hoof vir die inspektoraat aangestel.