Ongeluk eis twee broers

Twee van drie broers wat op die N1 naby die Lynnwood-afrit met hul motor teen ’n stilstaande vragmotor gebots het, is opslag dood, en die derde broer is ernstig beseer.

Die ouer broer wat die ongeluk oorleef het, is na ’n gesukkel om hom uit die opgefrommelde wrak te bevry, inderhaas hospitaal toe geneem.

Die twee jonger broers is op die toneel dood verklaar.

Verkeer het op dié snelweg, wat in ’n suidelike rigting beweeg het, vir sowat 15 km opgedam en het eers na byna ’n uur weer na normaal teruggekeer.