Onderwysers het vals sertifikate

Mnr. Joe Samuels, Uitvoerende Hoof van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) het bekend gemaak dat ’n groot aantal onderwysers in Suid-Afrika, veral leerkragte wat wiskunde en wetenskap doseer is skole, nie gekwalifiseer is nie en hul pos bekom met vals sertifikate.

Talle onderwysers het nie eers naskoolse opleiding gehad nie, en dit verklaar waarom so baie skole nie ’n aanvaarbare slaagsyfer kan bereik nie.

Hy sê SAKO het glo die sindikaat opgespoor wat sulke vervalsings doen en verkoop aan mense. Die meeste van die “sertifikate” is kwansuis van die Cape Coast-universiteit van Ghana.

Vanjaar is reeds sowat ’n 100 vervalsings geïdentifiseer wat “vervaardig” is in lande soos Pakistan, Bangladesj en Indië. In Suid-Afrika word dit teen sowat R5000 elk verkoop, en talle mense kan getuig daarvan dat hulle sommer per e-pos genader word om sulke sertifikate te koop.