Olifant maak bejaarde dood

In  Lizy-sur-Ourcq, sowat 60 km vanaf Parys, Frankryk is ’n  onbekende man (84) dood toe ’n sirkus olifant hom met die slurp geslaan het.

Die olifant het vir onverklaarbare redes uit sy omheinde kamp weggebreek nadat hy sy vertoning gelewer het, en ooggetuies het gesien hoe hy deur die heining breek.

Daarna het hy direk na die bejaarde man geloop en hom met die slurp geslaan.

Die bejaarde man is inderhaas hospitaal toe geneem, maar hy is kort daarna oorlede.