Nuwe tennis-sterre van SA

Hier kom ’n ding! Suid-Afrika spog met twee egte Boerenooientjies, wat die wereld aan die brand slaan met ’n tennisraket.

Zoë Kruger (11) en haar sussie Isabella (8), is beide geïdentifiseer as toekomstige sterre op die tennisbaan, veral omdat hulle nou ook deur een van die wêreld se beste afrigters bestempel is as toekomstige wenners.

Die Sweed, Thomas Hogstedt, sê hulle is beslis wêreldgehalte en verdien net die beste afrigting.

Hy het by die Wanderers-klub in Johannesburg gesê hy is oortuig daarvan dat Zoë nog die heel voorste vroue tennisspeler van die wêreld sal word.

Hogstedt is so beïndruk met Zoë se spel dat hy besluit het om haar af te rig.

“Sy beskik oor talent wat jy een keer in 30 jaar te siene kry,” sê hy.

Hy het die jongedame Zoë vanjaar na die Australiese en Franse Ope geneem om die gevoel te kry, en te sien wat daar gebeur by groot byeenkomste.

Zoë is die dogter van wyle Ruben Kruger, Springbok-flank, wat in 2010 weens breinkanker oorlede is, en sy weduwee, mev. Lize Kruger van Pretoria.

Haar oom was die voormalige nasionale krieketkaptein, wyle Hansie Cronjé.

“In Zoë het Suid-Afrika ’n speler wat ek seker is ’n Grand Slam-kampioen en nommer een ter wêreld gaan word”, het hy gesê. .

 Zoë wil die voorste speler ter wêreld word en sommer verseker dat haar jonger suster haar nie klop nie.

Klein Isabella het ’n ander siening.

Sy sê sy is wel die kleinsus, maar sy werk daaraan om vir Ousus nog ’n pak te gee op die baan