Nuwe lugdiens begin

Die laekostelugdiens, FlySafair, sal op 17 Oktober hulle eerste vlugte begin tussen Johannesburg en Kaapstad.

Kaartjies word reeds verkoop vir die eerste vlug na Kaapstad. ’n Vlug tussen die twee stede beloop R798 vir ’n enkelvlug.

Die Uitvoerende Hoof, Dave Andrew sê FlySafair sal begin met sowat tien vlugte per dag bied tussen die twee stede.

FlySafair beskik oor twee Boeing 737-400-vliegtuie wat daagliks in gebruik sal wees terwyl ’n derde vliegtuig op bystand gehou word.

Comair en FlySafair is egter in ’n hofgeding betrokke teen mekaar. Comair meen die nuweling voldoen nie aan die regulasies van eienaarskap wat van toepassing is in die land nie.

FlySafair bestaan reeds 50 jaar as ’n voorsiener van vliegtuie, en het ook tot nou namens ander lugdienste gevlieg en nie onder hulle eie naam nie.