Nuwe Google Blad

Internet gebruikers sal vanaf 17 September kon opmerk dat die voorkoms van hulle Google blad effens anders daar uitsien.

Alhoewel die blad nie ‘n groot verandering ondergaan het nie, is die bekende logo se kleur aangepas.

Die verandering het onder andere ten doel om die toepassing tussen rekenaars, slimfone en tablette te verbeter. Dit is vereenvoudig met minder sigbare opsies, maar opsies is wel beskikbaar deur op ‘n Google-Plus blokkie te druk.

Volgens Google se woordvoerder sal die nuwe voorkoms binne die volgende paar weke ten volle deurgegee word.