Nuwe eiland het ontstaan

Pakistan het een van die kragtigste aardbewings van dekades beleef wat die dood van 330 mense teweeg gebring het nadat etlike honderde modderwonings inmekaar getuimel het.

Die kragtige aardbewing het ook tot gevolg dat ’n klein eiland aan die kus van Pakistan, in die Arabiese See, ontstaan het, maar kenners meen die eiland se bestaan is van korte duur.

Honderde soldate is na die yl bevolkte deel van die land geneem om bystand te verleen aan die ontwrigte gebied.

Die eiland is slegs 100 meter lank en veertig meter breed wat ontstaan het met die aardbewing wat 7,8 op die Richterskaal geregistreer het.