Nuusflitse

Meer diewe in Bloemfontein doen hulle deesdae voor as werknemers van die Departement van Arbeid en die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) om toegang tot mense se huise te verkry, en hulle dan te besteel.

 

Regter Dennis Davis het uitgevaar teenoor skrywers wat die veroordeelde misdadiger Glenn Agliotti as ’n “wonderlike man” beskryf. “Ons het ’n land wat sukkel om probleme met massiewe korrupsie te hanteer en hier begin julle deur te sê Agliotti is ’n wonderlike man,” het Davis gesê. 

 

Nadat hulle ingeloop is en R16,000 verloor het, was twee jongmense platgeslaan en hul troureëlings maar deurmekaar. Hul troue in haar ouers se agtertuin sal nie vergeet word nie, en ’n weldoener het gereël dat hulle vir ’n week by die see in Natal hul wittebrood dae kan gaan geniet.

 

Verkragting moet bestempel word as “die ergste skendende en verdierlike” skending van menseregte. Só het vyf Appèlregters gesê toe hulle twee swart verkragters se vonnisse wat in die hooggeregshof opgelê is, effektief verdubbel het.

 

Die Openbare Beskermer (OB) gaan ondersoek instel na die ANC se uitdeel van kospakkies by Potchefstroom, slegs enkele dae voordat tussenverkiesings daar gehou is en as omkopery beskou kan word.

 

Drie verdiepings van die Westgate-winkelsentrum in Nairobi het gisteraand in duie gestort in die operasie om die laaste terroriste te vang wat dié sentrum vroeër in beleg geneem het.