Nuusflitse

’n Werknemer van die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) eis R600,000 nadat hy deur twee polisiebeamptes deursoek is terwyl hy byna nakend was.

’n Amptenaar van die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) is vyf jaar tronkstraf opgelê vir bedrog van R1,82 miljoen.

Boere in die Vivo-omgewing van Noord-Transvaal gaan adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, vra om ondersoek in te stel na die slegte toestand van die R522-pad tussen Louis Trichardt en Vivo nadat vyf mense vanjaar op die pad dood is.

Europese mans het in die afgelope 100 jaar met 11 cm langer word. Dit dui glo daarop dat algemene gesondheid van die Europese bevolking sedert 1870 aansienlik verbeter het.

 

Johnny Burger (62), eienaar van die plaas Rietvallei, Robertson in die Wes-Kaap, en ‘n beskuldigde in die Flippie Engelbrecht-aanrandingsaak, het sy eie lewe geneem.

 

’n Blanke maatskaplike werker in die Vrystaatse staatsdiens het gister in die streekhof verskyn op tien aanklagte van die vervaardiging, verspreiding en besit van kinderpornografie.

 

Die Duitse en Franse intelligensiedienste het afsonderlik beweer hulle het sterk aanduidings dat die regime van pres. Basjar al-Assad van Sirië, en nie die rebelle nie, verantwoordelik is vir die onlangse gifgas-aanvalle in die buitewyke van Damaskus.  Klipharde bewyse ontbreek egter nog.

Tronk amptenare in Ohio, VSA, sê Ariel Castro, wat drie vroue vir langer as ‘n dekade in sy huis gyselaar gehou het, het Dinsdag sy eie lewe geneem.