Numsa vat Cosatu hof toe

Numsa, die grootste vakbond wat aan Cosatu gekoppel is, gaan laasgenoemde in die hof aanvat oor Zwelinzima Vavi se skorsing as hoofsekretaris van dié vakverbond.

Numsa het die besluit geneem nadat Cosatu nie na wense gereageer het op hul eis om Vavi se skorsing op te hef nie.

Die ander vakbond, Fawu (voedsel) asook die Suid-Afrikaanse Sokkerspelers Vereniging (Safpu) is saam met Numsa, as mede-applikante in die geding.

Die drie vakbonde is ontevrede dat Vavi geskors is en meen dit is ’n metode van die ANC om van hom ontslae te raak vanwee sy teenkanting oor die e-tolstelsel.

’n Woordvoerder van Numsa het die optrede teen Cosatu as “pynlik” beskryf.