Nou net ‘Skoon hande’ polisie?

;widows: auto;-webkit-text-stroke-width: 0px; word-spacing:0px’>Dit is bekend dat 191 polisielede die afgelope twee maande gearresteer is weens hul beweerde betrokkenheid by een of ander misdaad, soos moord, verkragting, korrupsie en bedrog..

“Ons is besig met ’n proses waar hulle voor ’n bevoegdheids-raad gaan verskyn en daar moet elke lid redes aanvoer waarom hulle van mening is  dat hulle kwalifiseer om in die polisie werksaam te wees,” het Makgale gesê.

Die afgelope 18 maande is 930 polisielede afgedank.