Nokia nou in Microsoft stal

Microsoft het ‘n stap verder gevorder om een van die grootste rolspelers in die slimfoonmark te word met sy aankoop van Nokia.

‘n Bykomende voordeel is dat die infrastruktuur van Nokia se lewering- en distribusiekanale bekom is, wat ‘n swakpunt van Microsoft  in die selfoonmark was.

Die transaksie het $7.2-miljard gekos en daar sal ‘n verdere $2.18-miljard spandeer word op lisensiëring.

Microsoft se Windows Phone OS besit tans 3.3% van die mark en het reeds BlackBerry se 3de posisie verower. BlackBerry se markaandeel van 5.2% het verlaag tot 2.7%.