Nog RSA-soldate gewond

Een van die Verenigde Nasies se soldate is dood en twee Suid-Afrikaanse soldate is ernstig gewond tydens hernude gevegte tussen VN Magte en die M23-rebelle ivan die Demokratiese Republiek van die Kongo.

“Reuters” berig dat verskeie burgerlikes ook in die gevegte gedood is.

Die VN-magte het verlede Woensdag in ‘n operasie saam met Kongolese soldate geveg om M23-rebelle uit die oostelike dorp Goma te kry. 

Berigte wat Die Vryburger ontvang het, lui dat die Rebelle weereens die stryd gewen het en geen ongevalle gehad het nie.

Brig.genl. Xolani Mabanga, van die Suid-Afrikaanse weermag, het gesê ‘n mediakonferensie word binnekort gehou oor die oorlog in die DRK.

Intussen het Die vryburger ook verneem dat skerpskutters van SA ses M23-rebelle doodgeskiet het. Een van die rebelle was meer as 2 km weg toe hy geskiet is.

Foto – Brig.genl. Xolani Mabanga