Nog ‘n Geskiedenis verdraaiing

Een beeld van meer wat kan volg, is dié van ’n sogenaamde “agterryer” wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog aan Boerekant deelgeneem het aan die stryd, is gister by die

Oorlogsmuseum in Bloemfontein onthul.

Die “agterryerbeeld” wys op die 2,000 swartes wat glo in die oorlog “vrywillig en sonder vergoeding” die Boerekommando’s bygestaan het.

Hulle het glo diens gedoen as kokke, stalwerkers, moes verkenning doen en moes gewonde lede van die kommando versorg.

Enkeles was volgens die nuwe verhale, ook gewapen en het aan gevegte deelgeneem.

Tokkie Pretorius, die direkteur van die Oorlogsmuseum, meen die nuwe beeld is ’n deel van die “legkaart om almal se deelname en lyding in die oorlog te vereer”.

Dit het bekend geword dat vroue van alle bevolkingsgroepe op Vrouedag vereer is toe die museum vir hulle ’n “kranslegging by die Vrouemonument gedoen het.”

Nou is dit die eerste keer dat swart mans op ’n tasbare manier vereer word, sê Pretorius.

Kultuurleiers het aan Die Vryburger gesê die Vrouemonument is opgerig ter herdenking aan die ontberinge van Boere vroue wat in die konsentrasiekampe omgekom het en ander wat die smarte van driejaar waardig verduur het, en beslis nie opgerig is om enige ander bevolkingsgroep se vroue te vereer nie.

“Die kranslegging is ’n skandelike daad, net soos wat die “agterryersbeeld” ’n skandelike verdraaiing van die werklikheid is”, het die woordvoerder gesê.