Neethling steeds onder kritiek

Die eienaar van ’n gastehuis sê Anton Neethling het sy “kliniek” in die gastehuis bedryf en beweer dat Neethling nog etlike duisende Rand verskuldig is.

Hy was voorheen ’n duikklopper in die Wes-Kaap, het ook as geloofsgeneser opgetree, was glo al ’n pastoor, en is nou ’n “dokter” wat met “nuwe tegnologie” mense se kanker genees.

Hy het talle mense  “behandel”, in die gastehuis, en ook die oud-Springbok Joost van der Westhuizen, wat sowat twee maande daar gebly het en nou oortuig is dat hy genees is en net moet herstel.

Neethling het erken hy beskik oor geen mediese kwalifikasies nie, maar maak daarop aanspraak dat hy Joost genees het.

Gedurende Maart vanjaar het hy deelgeneem aan ’n gesprek by die Universiteit van Pretoria, en is glo na ’n kort intree rede gestop, omdat akademici gemeen het hy “weet nie waarvan hy praat nie”.

Die Vryburger het intussen vasgestel dat Neethling drie keer skuldig bevind is in afsonderlike gevalle waar hy ’n misdaad begaan het. Dwelms en diefstal was die klagtes, maar hy het elke keer ’n opgeskorte vonnis gekry..