Nasionale Vervolgingsgesag dalk korrup?

Korrupsie-aanklagte teen Jacob Zuma is blykbaar nou deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) terug getrek, te midde van die regsadvies deur twee van die land se bekendste en bekwaamste advokate, om dit nie te staak nie.

Die twee persone, adv. Wim Trengove SC van Johannesburg en adv. Andrew Breitenbach SC van Kaapstad, het elk op hul eie, geadviseer dat die aanklagte nie terug getrek moet word nie.

’n NVG woordvoerder, ene Bulelwa Makeke, het gesê die NVG sal geen kommentaar lewer op die onthullings wat gemaak is nie.

Ernstige vrae word nou gevra oor die integriteit van die NVG, en waarnemers se wenkbroue lig oor die moontlikheid dat die nuwe aanstellings gemaak is met die verstandhouding dat Zuma nie vervolg sal word nie.