‘n Onderwater braai kuier

Houtbaai – As jy lus het vir braaivleis, kan dit enige tyd by jou huis gereed gemaak word met ’n vuurtjie en ’n paar kappies heerlike skaapvleis en ’n ietsie daarby.

Maar wat van ’n uitnodiging om ’n braai by te woon en selfs te help om die vleisies nou en dan om te draai, alles so onder die water in die groot blou dam?

Dit is die nuutste braai-gogga, of eerder, Jan Scannell, alias Jan Braai, se nuutste gier.

Jan het, ter gereedmaking vir die komende Dinsdag se braai op Erfenisdag, sy gereedskap bymekaar gesit om van die onderwater braai ’n feestelike geleentheid te maak.

Jan het reeds enkele rekords agter sy naam, en op sy verjaarsdag die eerste onderwater braai gehou.

’n Verseëlde glaskas is gebou, en handskoene, en ’n toestel om buite die glaskas te wees en die vleis om te draai, en wie weet wat nog.

Hy gebruik sandsakke om die hele gedoente te hou dat dit nie styg nie en altyd onder die water sal bly.

Vars lug word met twee pype van bo ingevoer en daar is ook ’n skoorsteen om ontslae te raak van die rook.

Die politieke en rugby geselsies moet maar wag vir later.