‘n Klippie om te begeer

Die bekoring van die blink klippie sal by die mensdom bly solank as wat daar mense op aarde bestaan. As ’n wit diamant, dan nog ovaal vormig, ’n volle 118.2 kar. Is, word dit ’n aantrekkingskrag vir diegene wat genoeg pitte het om dit aan te skaf.

Hierdie yslike diamant word op 7 Oktober in Hongkong opgeveil deur die afslaers Sotheby’s en die verwagting is dat die prys enige iets tussen R270- na R330 miljoen kan wees.