‘n Bul van ‘n buffelbul

Magnaat Johann Rupert koop toe ’n “bul van ’n buffelbul” vir ’n rekord bedrag van R40 miljoen op ’n wildveiling in Noord-Transvaal.

Die buffel is geteel deur die eienaars van Thaba Tholo-wildplaas, en het die naam “Mystery” gekry.

Dit is die grootste buffel wat nog op ’n wildveiling van die hand gesit is.

Mystery se horings van 1,36 meter elk is die langste wat opgeteken is by ’n wildveiling in Suid-Afrika.

Die vorige eienaar en teler van die buffel, mnr. Andrien White, sê hy sou die buffel nie verkoop het nie, maar hy het sy werk gedoen in die kudde, en behoort nou dieselfde goeie werk elders te gaan voortsit.