Mynhuis kry swaar boete

Die Streekshof van Nelspruit het Nkomati Anthracite, ’n Steenkool-mynhuis in die Laeveld, met R5 miljoen beboet omdat dié maatskappy verskeie oortredings begaan het wat die omgewing benadeel..

Van die boete moet die Myn sowat R4 miljoen aan die Departement van Omgewingsake betaal en ’n vêrdere R1 miljoen is vir 5 jaar opgeskort.

Die Nkomati Anthracite maatskappy het skuld erken op agt aanklagte van oortreding wat insluit die Waterwet  en wette rakende die omgewing.

Onwettige mynbedrywighede in ’n vleigebied, die bou van paaie sonder toestemming, en oprigting van strukture in ongemagtigde gebiede, is van die oortredings.