Mulder bepleit koalisie

Dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het geseq dat daar geen ander resep is as koalisies tussen opposisiepartye nie, as hulle die ANC wil verslaan.

 

Dr. Mulder het dit gesê tydens ’n vergadering in Sentraal-Transvaal om die “nuwe beeld” van sy party bekend te stel.

Hy is van mening dat nie een van die bestaande opposisiepartye meer as 20% of 30% van die totale stemme sal kry nie. ’n Oorwinning is egter nader wanneer partye in koalisie gaan, wat kan meebring dat meer as 50% van die stemme dan getrek kan word om die ANC uit te knikker.

“Ons is tans in gesprek met Cope, die UDM, Inkhata en die ACDP. Ons het ook ons missie herbewoord om ruimte te maak vir minderhede en vir selfbeskikking,” het dr. Mulder gesê.