Motoriste stil van verbasing

Daar is nie waarheid in die Britte se storie dat Johannesburg se strate met goud uitgelê is nie, en ook nie dat die leeus op die goue plaveisel van die strate ronddraf op soek na ’n wildsbok nie, maar wat waar is, is dat daar ’n hiëna gewaar is in Randburg.

Die hiëna se herkoms is nog onbekend, maar motoriste het stil van verbasing, die dier gevolg wat verbouereerd in Gordonstraat gestap het.

Hy is deur verskeie voeruie net-net mis gery, en dit het die dier nog verder ontsenu.

Nadat veiligheidspersoneel ontbied is, en die verskrikte hiëna met ’n pylgeweer verdoof is, het beamptes hom gevang om iewers te “huisves” tot sy herkoms bepaal is.