Motorhandelaar word besteel

’n Motorhandelaar in Krugersdorp is die tweede handelaar wat binne maande beroof word van voertuie deur diewe wat hulle voordoen as potensiële kopers.

Vyf voertuie is by die handelaar gesteel deur ses swartes wat hulle as kopers voorgedoen het.

Die skurke het kort na die onderneming oop gemaak het vir die dag, hul opwagting gemaak by die ALG-motorhandelaar, in Industrialstraat, Boltonia.

Hulle het ’n vrou en ook twee van die werknemers met handwapens aangehou nadat hulle hulself as kopers voorgedoen het.

Die vrou was in die kantoor besig, en die werkers was besig om motors te was toe die voorval plaasgevind het.

Drie Mercedes-Benz motors, een Subaru en ’n Ford is deur die ses mans gesteel.