Motorfiets ongeluk eis regtervoet

Vanderbijlpark – Jean-Heinrich Barnard (16) bly positief al moes sy regtervoet geamputeer word na ’n ongeluk met ’n motorfiets.

Hy het vroeg in Augustus ernstige beserings opgedoen tydens ’n ongeluk toe hy met sy motorfiets teen ’n motor gebots het waarin sy hospitaalbed in Pretoria gesê nadat sy regtervoet geamputeer is ná ’n motorfietsongeluk verlede maand.

Sy lewe het radikaal verander vandat die ongeluk plaasgevind het. Hy bly egter positief oor die toekoms en sê daar is nie sprake van moedeloos word nie.

Sy regter bobeen is gebreek, sy voet geamputeer, so 10 cm onder die knie, en talle ligamente is geskeur.

Hy is ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark.