Moenie jou boete betaal

Die verkeersboetes wat deur die Johannesburgse metropolisie uitgereik is, vir sowat 2,5 miljoen oortredings wat voor 31 Junie uitgereik is, hoef nie betaal te word nie.

Dié boetes is ongeldig weens ’n yslike gemors wat aangevang is met die pos van daardie boete dokumente aan oortreders.

Die metropolisie het glo erken dat die verkeersboetes nou as  "oud" en as "nietig" geag word. Die mees onaanvaarbare van die gemors wat aangevang is, is dat meer as R60 miljoen bestee is om al die boetes uit te reik. Hiervan is nie ’n enkele sent invorderbaar nie. In plaas daarvan dat die boetes per geregistreerde pos gestuur moes word, het hulle dit per gewone pos gestuur.

Die dokumentasie van die boetes is ook "buite die voorgeskrewe tydperk" uitgereik, soos uiteengesit in die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe.

Die metropolisie reik maandeliks sowat 400,000 boetes uit.

.