Misdaad neem toe in die land

’n Woordvoerder van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) sê dat Versekeringsmaatskappye bekommerd raak oor die toename is geweldsmisdaad wat gepaard gaan met rooftogte in sakeondernemings en huishoudings.

Bewerings word gemaak dat die moorde in Suid-Afrika aan die afneem is, maar kenners meen dat die afname wat voorgehou word, beslis nie verder gaan daal solank as wat die polisie self kriminele in diens het nie.

Die Bestuur van Projek2010, wat rekord hou van alle gevalle van die volksmoord, wys egter daarop dat Augustus 2013 ’n aansienlike toename in moorde reflekteer.

Dit weerspreek die algemene neiging om die stygende tendens te probeer afmaak asof daar werklik ’n daling is, het ’n woordvoerder van Projek 2010 gesê.

Die syfers wat vrygestel word deur die Minister van Polisie, mag nie as vanselfsprekend korrek beskou te word nie, het die woordvoerder gesê.