Minister gedagvaar vir minagting

Die ANC se Minister van Justisie, Jeff Radebe, moet eersdaags in die arbeidshof  glo redes aanvoer waarom hy nie skuldig is aan minagting van die hof skuldig nie.

Die verduideliking word van Radebe vereis nadat die salaris van ’n Direkteur van Finansiële bestuur in Justisie, Basil Noah, nog nie ingevolge ’n bevel van die arbeidshof, aangepas is nie.

Die arbeidshof het reeds in Junie 2012 gelas dat die direkteur se vergoeding aangepas moet word.

Tot hede is dit nie gedoen nie, en geen verduideliking is gegee waarom dit nagelaat is om gedoen te word nie.

Skuldigbevinding kan meebring dat Radebe tronkstraf moet uitdien.

Mnr. Gerhard Koorts, die staatsdiensvakbond PSA se bestuurder, sê die minister was ingevolge die normale prosedures, verplig om Noah teen 31 Maart 2011 te vergoed vir al die kerf-aanpassings wat tussen 2004 en 2010 van toepassing was en wat nie aan die direkteur betaal is nie