Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie het gesê hy is positief dat Suid-Afrika ’n misdaad-vrye land
Hy het die uitlating gemaak tydens die geleentheid waar nasionale misdaadstatistieke bekend gemaak is.
Hy sê dat dit nog ’n ruk gaan neem voor die mikpunt bereik sal word, en beweer hy dat die statistieke daarop dui dat misdaad aan die afneem is.
In sy verslag word aangetoon dat daar bykans 200,000 polisiebeamptes is wat beteken daar is een polisiebeampte vir elke 350 mense in die land.
Tydens die boekjaar 2011-12 was 307,580 mense skuldig bevind en in 2012-13 het dit toegeneem tot 352,513.
Intussen is kenners bekommerd oor die gewelddadigheid in die land, waar gemiddeld 45 moorde per dag gepleeg word, en ’duisende ernstige misdade daagliks die samelewing ontwrig met verkragtings, rooftogte en kapings.
Ken jy die ou ANC grap?
Rapport berig dat Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie het gesê hy is positief dat Suid-Afrika ’n misdaad-vrye land kan word, soos wat sy mikpunt is.”
Ek neem kennis van edele Mtethwa se edele onderneming en sal dit so gou as moontlik as ‘n grap op hulle facebook blaaie pos – Marius Buys
NS. Ons neem al amper 20 jaar kennis van al ons onbehepte onbevoegde en onbekwame “leiers” se edele voornemens…
In sy verslag word aangetoon dat daar bykans 200,000 misdadigers in blou pakke klere is wat beteken daar is een misdaadbeampte vir elke 350 mense in die land.
Die enigste manier waarop hierdie man sy mikpunt sal kan bereik, is as hy solank sy en al sy volks-, stam- en rasgenote se emmigrasiepapiere begin regkry?