Minder likwidasies

Volgens Stats SA het likwidasies vir Augustus 2013 met 15.8% gedaal op ‘n jaar-tot-jaar basis.

Daar was 203 likwidasies in Augustus, waarvan 184 vrywillig en 19 verpligtend was. Die grootste hoeveelheid likwidasies, ongeveer 67%, het in die sakesektor plaas gevind.

Daar was sedert die begin van 2013 ‘n gereelde afname in likwidasies teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.