Miljoene Rand verkwis

Sowat R8miljoen is met belastinggeld vermors vir prestasiebonusse wat betaal is in die nasionale Jeugontwikkelings Agentskap (Nyda).

Die enorme bedrag is spandeer te midde van die erkenning wat in die parlement gemaak is dat daar gesloer word met ’n groot aantal “projekte”

Met die gesloer om projekte wat aangekondig was, en nou nie tot uitvoering kom nie, is ’n R7.7 miljoen bewillig vir sogenaamde “prestasie bonusse”.

Waarnemers meen die geld kon eerder gebruik word om sowat 250 na 300 studente met ’n studiebeurs te help ter waarde van R25,000 tot R30,000 per jaar.

Nyda se seniors in die bestuur het sowat R5miljoen ontvang as prestasiebonus, en gewone personeel het R2 miljoen ontvang.

Waarnemers bestempel die “jeugontwikkeling” as ’n vermorsing van belastinggeld en net nog ’n manier om die jeug “om te koop om die ANC te ondersteun in die verkiesing.

’n Begroting van net minder as R400 miljoen is toegestaan om in die boekjaar sogenaamde “jeugontwikkeling” te doen.