Miljarde Rand word steeds vermors

As jy wynglase huur teen R200 elk vir ’n geleentheid in die presidensiële gastehuis, en sowat R16,000 spandeer is aan linne, sonder om mooi te verduidelik waarvoor dit is, dan word dinge bietjie dik.

Tydens die ondersoeke het dit aan die lig gekom dat daar die vorige boekjaar sowat R100,000 betaal is vir TV- en DVD-spelers. Dit word gestoor en is in onbruik.

Dlabantu, wat deel van die ondersoekspan is, het gesê die Departement se verkwiste uitgawes van 2009 tot die afgelope boekjaar, beloop R3,6 miljard.

Waarnemers het gevra dat dit bekend gemaak moet word hoe glase lyk wat teen so ’n tarief gehuur word..