Mev Malva poeding oorlede

Stellenbosch. – Hulle noem haar “mevrou Malvapoeding”,

Maggie Pepler (87), is ’n alom bekende in die kosmaak-kringe van die land, maar sy het nou te ruste gegaan en is gedurende die afgelope naweek oorlede.

Tannie Maggie het op haar dag vir die Suid-Afrikaanse ambassades in Londen en Parys kos gemaak wat van besondere gehalte was.

Sy is ’n boorling van Robertson in die Wes-Kaap, en het op verskeie plekke haar vernuf met kosmaak uitgeleef.

Haar dogter woon in Switserland en haar seun, Dave, is ’n omgewing deskundige.

Die malvapoeding is deur haar bekend gemaak toe sy dit in die sewentigerjare by ’n landgoed in die Wes-Kaap bekend gestel het tydens ’n onthaal.